Kom Wees 'n Musiek Noot in My Melodie!
Sommige mense het net 'n onuitputbare lewenslus en sy is ongetwyfeld een van daardie borrelende bondels energie. Energie is nie die woord nie, daarvan het sy te veel gekry.
Elzabi het altesaam 5 albums beskikbaar genaamd, Bittersweet Love, Mooiplaas, Holé Holé, Kersfeeswens en My God die Kunstenaar. Sy is tans besig met haar nuwe album Mobile Stokkie, wat sommer binnekort die lug gaan sien. Daarna beplan sy 'n kersfees album vir November 2011 waar sy nuwe kersfees nommers wil bekendstel. Sy is bekend vir haar nommer "Jy laat my lewe" wat gebeeldsend word en voorwaar....sy lewe.
Haar Skepper het aan haar die wonderlike talent gegee om musiek op gehoor te kan speel, sy het musiek studeer deur Unisa en bied musiek lesse aan sowel as sang lesse. Sy speel ook self 4 instrumente en skryf en toonset haar eie musiek, sy is 'n geregistreerde liedjie skrywer en het altesaam 36 nommers van haar eie geskryf wat uitgesaai word.
Buiten haar sang talent het sy 'n baie spesiale plekkie in haar hart vir kinders, gestremdes en bejaardes en gaan uit haar pad om hulle te help waar sy kan. Sy was die beskermvrou vir die gestremdes asook die bejaardes en hou gereeld vir hulle fondsinsamelings. Sy het die liedjie Kersfeeswens spesiaal verlede jaar vir die weeskinders geskryf, waarna sy ook gehelp het met insameling van kersgeskenke vir die wesies.
Sy het 'n passie vir die lewe en is bekend vir haar lewenslus en sy geniet elke dag asof dit haar laaste is.
Hoe het jy gekom tot hier? Manuelle Escorcio en Jaques de Conning was die twee manne wat my baie geinspereer het. Hulle was altyd daar vir my met raad en hulp en ek kon enige tyd op hulle knoppies druk... dankie julle twee, lief julle altyd.
Wie is jou Idol? Verseker Celine Dion, maggies sy KAN sing!
Wat is jou motto in die lewe? Om elke dag voluit te leef . My lewe is 'n tweespoor pad wat na êrens lei, ek het gister vergewe, en more lê nog voor, ek leef voluit want die lewe lê en wag vir my.
BIOGRAFIE

![]() Hoed en skoene pas my goed, nou lyk ek soos my ma!
|
Elzabi gebore 2 Desember in die ou Transvaal in 'n klein dorpie Rustenburg, vandag die Platina Stad glad nie meer so klein. As ons moet kyk waar kom hierdie "doll"se liefde vir musiek vandaan begin ons by die ouderdom van 4 jaar. Haar ouers het haar altyd op die tafel getel en dan moet sy sing, slim van kleins af, almal om die tafel moet eers betaal voordat sy haar mond sal oopmaak.
Elzabi speel musiek op gehoor en wou niks weet van musieklesse. Toe haar hoërskool loopbaan aanbreek het haar ouers haar gedwing om musiek as 'n sewende vak te neem waarna sy die eerste termyn van st 8 haar onderwys graad gespeel het. Op hoërskool het sy ook trompoppies geloop en het baie van landloop gehou. Haar stokperdjies was natuurlik haar musiek, dans en Ballet en op sondae was sy orreliste in die kerk. Na haar skoolloopbaan het sy musiek lesse begin aanbied. Dit was nog altyd haar droom om eendag haar eie cd te kon opneem maar sy het duidelik ook besef dat mens nie op 'n ander kunstenaar se rug kan ry na jou eie sukses nie en het geweet dat sy iets van haar eie moet komponeer om op te neem. Vir haar was dit die wonderlikste ervaring toe die eerste liedjie vir haar gestuur was. Nie deur 'n skrywer of ander kunstenaar nie. . . Elzabi het die sondag in die erediens gesit en gebid en God om hulp gevra as dit werklik vir haar bedoel is om 'n cd op te neem. Twee dae daarna het sy wakker geword van musiek wat sy hoor maar nêrens was die musiek te vinde. Sy het besef dit is vir haar gestuur en sy het dadelik uit die vere gespring en daaraan begin werk. Sy het al haar afsprake vir die dag gekanseleer en later daardie aand was die eerste liedjie geskryf en getoonset. Vandag spog sy altesaam met 38 nommers van haar eie,sy skryf en komponeer haar eie musiek en is 'n geregistreerde liedjie skrywer. Haar eerste cd Bittersweet love is vrygestel 25 November 2001 daarna het sy haar cd Mooiplaas vrygestel op 21 April 2004 waarmee sy kontrak gekry het en wat uiteindelik die winkelrakke bereik het. 'n Storm lê en loer op die horison van die musiekwêreld. Op 2 Maart 2007 het sy haar nuwe cd Holé Holé vrygestel in die Burgersentrum op Rustenburg. Haar begaaftheid as kunstenaar in elke opsig word onbetwisbaar verewig met die cd. . Elzabi se aanhangers en kritisie is aangenaam verras met die vitaliteit en geniale samestelling van snitte. Sy het 'n jaar lank intensief voorberei aan die album en die eindproduk getuig van absolute perfeksionisme, visie en toewyding. Sy breek met doelbewuste beslistheid weg. Die Platinastad het sy eerste "rock-doll" gelewer. Elzabi het kontrak met Bowline Musiek wat die bemarking en verspreiding van haar cd's hanteer. Elzabi is die eerste kunstenaar wat se musiek video op Tv gebeeldsend was nog voordat sy 'n kontrak gehad het. Die nuwe cd Holé Holé het binne twee weke na vrystelling die 13de plek op die Top 20 van Music Obsessions bereik en vier dae daarna eerste plek bereik. Elzabi het sopas haar nuwe geestelike album vrygestel, Kyk op na Bo!. Die publiek is gaande oor die album en sê dit is soos strelende water vir die siel. Die album is absoluut 'n moet vir elke christen. Kyk gerus uit na die musiekvideo van Kyk op na Bo! Wat julle binnekort op die TV te siene sal kry. Sy glo dat sy nie die kunstenaar is nie, maar wel haar skepper die kunstenaar is. "Uit marmer het God ons gekerf, met Sy bloed het Hy ons geverf, met Sy skilderkwas het Hy ons sondes skoon gewas." Elzabi is hard besig met haar nuwe album Mobile Stokkie, wat ons binnekort kan verwag. Ons het hoë verwagtinge met die nuwe cd en haar bewonderaars sal binnekort dit te hoor en sien kry, hou die pers dop. Sy dank haar skepper vir die talent wat hy haar gegee het en verseker haar bewonderaars dat die nuwe cd werklik iets is waarvan hulle baie sal hou. Sy is ook besig om aan haar eerste kersfees album te werk en ons glo en vertrou dat dit net so groot verassing sal inhou. |